Seminare

# Seminaar Inligting oor seminaar Meer inligting
1 Vroue met verwonde harte

Vir vroue verwond deur 'n geliefde se misbruik van :

  1. Elektroniese tegnologie
  2. Seksuele losbandigheid of buite-egtelike verhoudings
  3. Ongesonde seksuele gedrag

Maksimum 8-10 mense per werkswinkel

Kry meer inligting
2

Akute Trauma

‘n Werkswinkel vir getraumatiseerdes asook persone wat te doen kry met mense wat ‘n akute trauma beleef het.

  1. Verkragting
  2. Gewapende roof
  3. Ongeluk ens.

Trauma en Post Traumatiese Stres in 'n na-rewolusionêre tyd in Suid-Afrika. Hoe nou verder?

Maksimum 15 mense per werkswinkel

Kry meer inligting
3

Gesonde en natuurlike seksuele ontwikkeling by kinders onder 12 jaar

'n Werkswinkel vir ouers en mense wat met voorskoolse- en laerskoolkinders werk.

Hoe leer ek my kind om 'n gesonde seksualiteit te ontwikkel?

Watter seksuele gedrag is gesond en wanneer het ek rede tot kommer?

Kry meer inligting
4

Kroniese Trauma

‘n Werkswinkel vir getraumatiseerdes en ook vir persone wat te doen kry met mense wat ‘n kroniese trauma beleef het.

Trauma uit kinderjare (seksuele, verbale en fisiese misbruik, emosionele verwaarlosing en verslawings). Watter rol speel dit vandag in my lewe en hoe nou verder?

Maksimum 10 mense per werkswinkel

Kry meer inligting
5

Maats van seksueel verslaafdes

Die maats van verslaafdes het seergekry op die mees sensitiefste gedeelte in hulle lewe: hulle maats se toewyding en ontrouheid. Om betrokke te wees by mans wat emosioneel en op seksuele vlak verbind is tot pornografie kan vir vrouens voel of hulle geliefdes ’n ander verhouding buite die huwelik het. Om in ’n verhouding te wees waar ’n maat van mening is dat die pornografie net deel is van wie hy is, is ’n moeilike en pynvolle posisie om in te wees.

Kry meer inligting
6

Seksuele integriteit in 'n tegnologies-gevorderde wêreld

Die werkswinkel poog om aan geestelike leiers:

  1. Die nodige toerusting te verskaf sodat hulle ander kan help.
  2. Die geleentheid en opleiding te verskaf om deel te neem aan die uitdaging om seksuele aannnames te hersien.
  3. Meer inligting rondom seksuele anoreksia en seksuele verslawing te gee asook hoe om aanvaarbare grenslyne te stel tov die nuwe tegnologie.
  4. Die nodige leiding verskaf om te help om die seksuele pyn van mense te genees.
Kry meer inligting
7

'n Lewe sonder misbruik, manipulasie en beheer

Ons gee inligting, bemoeding en ondersteuning aan vrouens wat mishandel word.

As jy ja antwoord na enige een van die vra, is die kursus vir jou :

  1. As jou maat verhoed om jou vriende of familie te sien.
  2. As jou maat jou verhoed om self te besluit wat jy doen, wanneer jy dit doen en waarnatoe jy gaan.
  3. As jou maat jou verneder en afkraak voor ander.
Kry meer inligting